wtfdivi014-url3

Kategese

Gesinne vergader eers saam in die kerk waarna die kinders vanaf graad 1 tot 4 ná “Tekkietyd” die kerk verlaat en na hul onderskeie graadgroepe beweeg. Graad 5 tot 11 vergader na kerk. Die graad 11-groep vergader in die konsistorie by die leraar.

wtfdivi014-url6

Erediens

Op Sondae vind die erediens om 09:30 in die kerk plaas. Ander dienste wat plaasvind word op die jaarprogram aangedui.

wtfdivi014-url5

Nuwe intrekkers

Nuwe intrekkers moet asseblief met die kerkkantoor in verbinding tree sodat met hulle kontak gemaak kan word. Tydens die teedrink na kerk is daar ook vorms vir nuwe intrekkers beskikbaar. Hierdie vorms kan by die kerkkantoor ingehandig word.

wtfdivi014-url1

Doop

Egpare wat hul kinders wil laat doop, moet die kerkkantoor óf die kerkraadslid óf die leraar kontak.

wtfdivi014-url4

Trou

Paartjies wat wil trou, kontak die kerkkantoor indien u die kerk wil bespreek. Die leraar kan self gekontak word vir voorhuwelikse gesprekke en bevestiging.

wtfdivi014-url0

Begrafnisse

Kontak dadelik die betrokke kerkraadslid in die wyk of stel die leraar in kennis. Verdere reëlings sal vanuit die kerkkantoor getref word.